Daar is baie om na uit te sien. Begin die buffet-ete met ’n heerlike glas Durbanville Hills Bastion met jou aankoms, gepaar met ’n biltong- en bloukaassop of ’n tamatie-, olyf- en basilietert. Vir die hoofgang kan jy kies tussen ’n heerlike lamsboud met knoffel en roosmaryn, kortrib in rooiwyn gesmoor en oondgebraaide hoender met rooi uie en tiemie. Die bykosse sluit in romerige spinasie en feta-aartappeltert, Spaanse wilde rys en geroosterde groente. Sluit die feesmaal af met ’n sondige verderf van óf brandewyntert óf crème brûlée. Durbanville Hills se wyne sal te koop wees. Datum: Sondag, 17 Junie Plek: The Eatery by Durbanville Hills-Wyne, Tygerbergweg (M13) Tyd: 12:00 – 15:00 Koste: R169 per persoon (sluit ’n glas in van die 2010 Durbanville Hills Bastion by aankoms in, middagete en ’n geskenkie vir pa). Kinders onder 12 betaal R89 vir middagete. Bespreking is noodsaaklik en kan by 021-558-1337 of by info@dheatery.co.za gedoen word.