Die debuutskrywer Aher Arop Bol vertel sy merkwaardige verhaal as een van die ''lost boys of Sudan'' - jong seuns wat deur die oorlog van hul ouers geskei is. As driejarige is hy deur sy oom op ‘n vlugtog deur die bosse na ‘n Ethiopiese vlugtelingkamp geneem. In 1980 moet hy, bedreig deur die burgeroorlog in Soedan, weer vlug.

So vlug hy van land tot land, deur Kenia, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe tot uiteindelik in Suid-Afrika. Dis ‘n bomenslike stryd om oorlewing en hy vertel van al sy wedervaringe, die geweld, die dood, die honger. En sy stryd vandag om sy één ambisie uit te leef - 'n goeie opvoeding. Hy woon en werk in Pretoria waar hy ‘n spaza-winkel bedryf om vir sy regstudies aan Unisa te betaal.

Ontmoet Aher in dié Kwêla-insetsel