"Ek is hartseer vandag wanneer ek dink aan al die jong meisies wie se hoogste aspirasie dit om mooi te lyk in 'n bikini, en dít vir die manne. Skat ons onsself so min werd? Ons as vroue is intuïtiewe wesens. Komaan, meisies! Wees meer as die gewone, koester die geskenk van vrouwees en moet dit nie goedkoop maak nie." - Therese Benade op Facebook.

Ná Therese se eie stryd met bulimie het sy openlik met SARIE gesels:

"Ek het moeg geraak daarvoor dat mense ’n supermenslike beeld van mekaar verwag, sonder om te dink wat daaragter skuil. My stryd was ’n swaar een. En ek het geweet ek het ’n verantwoordelikheid teenoor vroue wat dieselfde ervaar. Daar is so baie vroue wat met kwessies rondom hul gewig sukkel. Dis makliker om met iets in jou lewe te cope as jy hoor iemand anders het dieselfde deurgemaak - en dat dit nou goed gaan..." Lees verder: "Ek moet bieg..."