Wanneer jy jou horisonne verbreed, gaan dit soms gepaard met depressie en lyding. Toe ek op 'n tyd depressief was, het die akteur Clive Scott vir my gesê 'n mens stel in jou onderbewuste vir jouself grense.

Wanneer jy psigies ontwikkel, word die spasie binne daardie grense te klein. Om deur hulle te breek is pynlik, maar dis nodig om weer vry te voel. Sy woorde het my baie gehelp.