Vir enige Valentynsuitstappie is daar 'n spesiale uitrusting in SARIE se aanlynwinkel beskikbaar. Wat beplan julle vir jul spesiale dag of aandjie uit? Laat weet ons watter droom-uitrusting jy uit ons winkel sou wou dra vir die geleentheid en jy kan 'n koopbewys ter waarde van R2 000 te wen!

HOE GEMAAK?

Blaai deur ons gratis aanlyn-modetydskrif en die SARIE-aanlynwinkel, en kies jou droom-Valentynsvoorkoms.

Lys die items uit die winkel in die vorm hieronder.

Sluitingsdatum: 7 Februarie 2013

Wedstrydreëls:

1. Die eerste korrekte inskrywings wat getrek word, wen die pryse. Die beoordelaars se beslissing is  finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

2. Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie. SARIE bied hierdie wedstryd namens die borg aan as ’n diens vir haar lesers. Die borg  voorsien en is verantwoordelik vir die pryse.

3. Wenner kies items ter waarde van R2 000 uit die SARIE.com-aanlynwinkel.

4. Die sluitingsdatum is 7 Februarie 2013.

5. Wenner sal per e-pos in kennis gestel word en word op sarie.com en Facebook aangekondig.

6. Standaard-voorwaardes en -bepalings is van toepassing. Items op uitverkoping is uitgesluit.

Valentynswen!