Vir hierdie heerlike burger sal selfs ek sonder vleis kan klaarkom.

Gaarmaaktyd: sowat 10 minute

genoeg vir 4

• 2 eiervrugte, in sowat 8 ringe gesny

• 250 g halloumi-kaas, in repe gesny

• 60 ml olyfolie

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 15 ml brandrissie-vlokkies

• 4 eiers

• 4 broodrolletjies van jou keuse, in lengte gehalveer

• 100 g sagte Deense fetakaas

• 40 g bronkors (watercress)

Braai eiervrug en halloumi-kaas in olyfolie tot bruin van kleur en gaar. Geur met sout, peper en rissievlokkies. Kook eiers tot sag, sowat 5 minute. Rooster die oopgesnyde kant van die broodrolletjies op ’n riffelpan tot bruin van kleur en bros. Smeer elke helfte met Deense fetakaas. Pak dan bronkors op. Skep eiervrug-en-halloumi-mengsel bo-op. Laastens sit jy vir elkeen ’n eier bo-op en sit voor met skyfies van jou keuse.

Wenk

Halloumi en eiervrug pas baie goed by lamsvleis, ingeval jy die burger nie vegetaries wil eet nie.