Verskietende Ster vertel die storie van Phillip Schuman. Phillip se wêreld stort in duie die dag toe sy ma sterf. Dis nou net hy en sy pa, Tomas – die man wat lankal reeds moed opgegee het met die lewe, en boonop sy seun verhoed om sy talent en passie vir musiek uit te leef. Phillip kry ’n manier om sy droom as pianis te volg met die hulp van Max du Toit, die nuwe vakadviseur. Dit lei egter tot rampspoedige gevolge.

Rolverdeling

Tomas Schuman: Hykie Berg

Phillip Schuman: Deànré Reiners

Maria Schuman: Jana Strydom

Max du Toit: Hannes van Wyk

Dorothy Smit: Ilse Oppelt

Juffrou McDonald: Hanlie Rolfes

Juffrou Bronkhorst: Corine du Toit

Frank du Toit: Johan Scholtz

Vervaardigers: Stefan Enslin en Philo Pieterse

Regisseur: Darrell James Roodt

Skrywer: Stefan Enslin

Kinematograaf: William Collinson

Redigeerder: James Carroll

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.