Gys de Villiers, Diaan Lawrenson, Zetske van Pletzen, Heinz Winckler, Anel Alexander, Tim Theron, Nadia Beukes, Leandie du Randt ... én almal in één fliek!

Met dié sterre en onder andere Bouwer Bosch, Hykie Berg, Suzzi Swanepoel en Milan Murray in Tim Theron en Cobus van den Bergh se nuutste fliek, is almal nuuskierig om te sien wat deesdae in Potchefstroom, waar hulle verfilm, gebeur.

Tim Theron praat oor sy nuwe fliek

Dié rolprent Mooirivier is die eerste Suid-Afrikaanse ensemble-film, ’n fliek met baie karakters en ook meer as een storielyn, soos die Britse rolprent Love Actually.

Tim en Cobus, wat ook die vervaardigers van Klein Karoo is, wil hê die fliek moet ’n realistiese storie oor verhoudings vertel, hetsy romanties, platonies of verhoudings tussen familielede.

Nadia Beukes oor Boer soek ’n vrou

Verlede week het SARIE.com vir jou ’n eerste kykie van al die pret agter die skerms gewys, en vandag kan ons nóg ’n agter-die-skerms-video met jou deel.

Kyk daarna hier