Uiteindelik kan ons sien wat Meryl Streep, Katie Holmes en Taylor Swift aangevang het toe hulle verlede jaar tonele van The Giver in die Wes-Kaap verfilm het.

Die lokprent van dié fliek, ’n verwerking van Lois Lowry se topverkoper The Giver, is onlangs bekendgestel.

Meryl Streep gesels oor haar tyd in Suid-Afrika

Die 64-jarige aktrise is byna onherkenbaar in dié lokprent, met silwergrys hare en ’n reguit kuif. Ander bekendes in die rolprent is Jeff Bridges, Taylor Swift, Katie Holmes en die Alexander Skarsgård van True Blood -faam.

Katie Holmes se nuwe haarstyl

Die fliek, vertel die storie van Jonas, ’n jong seun, wat gekies word om by ’n ou man die geheime en waarhede van die "regte wêreld" te leer - dié man moet al die herinneringe van die wêreld aan Jonas oordra.

The Giver word in SA geskiet

In Jonas se wêreld leef mense in ’n perfekte harmonie. Hulle is nie bewus van die dieper emosies wat jy kan ervaar nie. Wat sal gebeur as Jonas se gemeenskap uitvind waarop hulle uitmis?

Kyk na die lokprent hier: