Transgender-regte is deesdae op almal se lippe. En dié ouerpaar was direk daarmee gekonfronteer toe hul dogtertjie sê dat sy ’n seuntjie is. Kyk hierdie video om te sien hoe hulle dit hanteer het ... Ryland Whittington van Amerika was reeds as klein dogtertjie gekant teen "vroulike" gedrag en het nie dieselfde belangstellings as ander meisies gehad nie. Haar ouers, Jeff en Hillary, het eers gedink dit is net ’n fase, maar Ryland het bly sê sy wens sy was ’n seuntjie. Hier is ’n video van hoe Ryland se ouers uit liefde ingegryp het.

Dié video is sedert dit verlede week gepubliseer is, meer as 4 miljoen keer gekyk.

Wat dink jy van dié ouerpaar se besluit? Lewer jou kommentaar hieronder of sê vir ons wat jy dink op ons Facebook- of Twitter-blad.

Transgender-regte in die nuus

Time het onlangs ’n sterk stelling gemaak deur vir die eerste keer in die tydskrif se geskiedenis ’n transgender-persoon op die voorblad te sit. Dié aktrise, Laverne Cox, het nie in Mei hul lys van die 100 mees invloedryke mense gehaal nie, ten spyte daarvan dat hulle haar as die gesig gebruik vir die volgende groot menseregte-debat, naamlik transgender-kwessies.

timeVolgens The Wire het Time gesê dat hulle lank reeds beplan het om Laverne op die voorblad te plaas, maar aanhangers reken dit was die #WhereIsLaverneCox-veldtog wat soos ’n veldbrand oor sosiale netwerke versprei het, wat haar op die voorblad gekry het.

Transgender-regte het ook onlangs in Maryland in die VSA opgeduik toe ’n nuwe wetsontwerp opgestel is om diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie en seksuele identiteit te verbied.

Die Washington Post berig dat transgender-mans byvoorbeeld toegelaat sal word om vroue se badkamers in openbare plekke te gebruik. Hierdie wetsontwerp sluit godsdienstige organisasies, private klubs en opvoedkundige instellings uit.

Bronne: Upworthy, The Wire, Washington Post