Die ontwerper noem hierdie rok “be your own designer” en dis die waarheid! Kyk bietjie na die video. Dis super-veelsydig en kan werk vir die dag of die aand, as romp of rok. Die gehalte is uit die boonste rakke – hierdie rok is elke sent werd. (Black Coffee, R1500.00)