Die somer is sinoniem met die buitelug en avontuur. Met hierdie modes inspireer ons die avonturier in jou!

Strandstyl

Candice Swanepoel, die Suid-Afrikaanse model wat die internasionele mode-wêreld aan haar voete het, het onlangs in Brasilië gaan vakansie hou en haar stylvolle strand-avontuur op haar Instagram-blad gedeel.

Selfs al hou sy vakansie, kan jy haar altyd deur 'n ring trek. Haar strandstyl is gemaklik met ’n tikkie glans.

Candice Swanepoel se dag op die strand FOTO: Candice Swanepoel se dag op die strand (Instagram)

Hoe kry jy dié voorkoms?

Strandbykomstighede in helder kleure en goud sorg dat jou vel ekstra glans het. Maak net seker jou duur juweliersware is styf sit sodat dit nie in die sand of see verlore raak nie.

’n Sonbril, handdoek, sonroom en ’n paar haarrekkies is die noodsaaklike items wat in jou strandsak moet wees. ’n Kaftan of ’n rok van ligte materiaal is die ideale oplossing om jou te bedek, sonder om warm te kry.

Rebelse reisiger

Soms het jy 'n rebelse streep nodig om jou goed te pak en op reis te gaan - met geen planne in sig nie en net die oop pad voor jou.

Guess stel hierdie Oktober ’n nuwe reeks bekend wat spesiaal gemaak is vir die avontuurlustige vrou. Halsnoere, T-hemde, kortbroeke, armbande en klere met krale-detail vorm deel van hierdie nuwe reeks.

Guess se nuutste reeks FOTO: Guess se nuwe klerereeks vir die rebelse reisiger

Vir meer inligting, skakel 011 883 8391 of 021 421 0110.

Die klassieke reisiger

’n Reisiger kan net so stylvol wees soos die items in haar koffers. Tumi se nuwe reeks sakke sorg dat jy klassiek en stylvol kan wees terwyl jy reis. Verskeie sterk vroue is die gesigte vir dié handelsnaam, waaronder Paolo Ferrari (die uitvoerende direkteur van die Pirelli Tires-maatskappy), Amanda Sudano-Ramirez (liedjieskrywer van die groep Johnnyswim) en Alexandra Coutseau (kleinkind van legendariese ontdekkingsreisiger en filmmaker Jacques-Yves Coutseau).

Tumi se bemarkingsvideo:

Vir meer inligting, skakel 011 390 2088, 011 783 4636 of 021 419 4253.

Kry jou uitrusting in die SARIE-winkel:

Dress with pocket detail en Maxi dress

Floral-print pants en Soft linen shorts

Snake-print tunic en Knit-tunic