Maybelline Great Lash Mascara (R79,95) is al sedert 1971 op winkelrakke beskikbaar, maar bly steeds die VSA se nommer 1-skoonheidsproduk! Maybelline het ook pas 'n nuwe gesig aangekondig: die beeldskone model Emily DiDonato (sien foto’s uit haar fotosessie onderaan). Dié 18-jarige model sluit by groot name aan wat reeds die skoonheidshuis verteenwoordig, soos die supermodel Christy Turlington. Emily sal later vanjaar te sien wees in die advertensie van Maybelline se nuwe Color Sensational Lip Color. (Vir meer inligting oor Maybelline, besoek hul webtuiste.)