Naweke span jy hom in vir ’n bietjie veld-rinkink en in die week vir pendel na die werk en die mall – dis die Koleos.

Renault het gebruik gemaak van Nissan se X-Trail-kennis vir die enjin, ratkas en viertrekstelsel, en die Koreane s’n vir die vervaardiging. Dié motor hanteer gerieflik op teer- en grondpad. Daar is ruim sitplek vir 5 en danksy 4x4-DNS kon ons ’n paar kronkelrige grondpaaie in gerief aandurf. Groot vensters maak dit maklik om van baan te verwissel in stadsverkeer. Pakplek is ruim en jy kan dit vergroot deur die agterste sitplekke plat te vou. Allerlei bêreplekkies onder die sitplekke getuig van die Franse Renault-gene.

Daar is 4 modelle en pryse wissel van R285 000 tot R369 000