As kind het sy polio gehad, maar moenie dink Marlene le Roux is vandag kranklik en ongeïnspireerd nie. Sy's vrou nes enige ander en het 'n koffietafel-fotoboek Look at me saamgestel om te wys vroue met gestremdhede is steeds sensueel. Sy en die fotograaf Lucie Pavlovich wys 23 vroue wat vir niks terugdeins nie. Gaan kyk na 'n uitstalling van die foto's uit die boek in die Afrikaanse Taalmuseum se Historium-konferensiesaal in die Paarl. Februarie en Maart. Vir meer inligting skakel 021 872 3441 of besoek www.taalmuseum.co.za.