Wees op die uitkyk vir klassieke stukke uit Ouma se juwelelaai of gee jou kamee 'n moderner aanslag deur dit met stene te kombineer. Die algemeenste kameë is die tradisionele kornalyn-en-ivoorkleur kombinasie, maar die swart-en-wit soort is ook hoogmode.

Kameë was uiters gewild in die Victoriaanse era en die Paryse modehuis Lanvin het nou daaruit inspirasie geput vir hul kamee-en-ketting halssnoer.