Geld (en duur geskenke) kan inderdaad nie geluk koop nie. ’n Taamlik nuwe veld in die sielkunde ondersoek wat mense gelukkig maak. Die resultate wys dit het dikwels te doen met verhoudings, soos vriendskappe en familieverhoudings. Dankbaarheid, om te geniet wat ons doen, oefening en ’n gesonder lewe kan ook lei tot vreugde. - Eugene du Plessis, sielkundige, Faerie Glen