Met 'n onlangse meningspeiling op sarie.com wou die meeste van julle weet wat 'n ontkleeklub so 'n wonderlike plek vir die manne maak, en die tweede gewildste vraag was of hy al ooit op 'n ander vrou verlief was. (Daar was natuurlik 'n paar navrae oor wat in 'n mansbadkamer aangaan...)

So hier's jou kans! Stuur vir ons die vrae in die kommentaarblokkie hieronder.

En as jy 'n bietjie inspirasie soek om jou aan die dink te sit? Die Great Male Survey is pas op AskMen.com bekendgemaak.