Moenie jammer voel vir die sensitiewe een en haar teen al die struikelblokke op haar pad beskerm nie. Wees empaties teenoor ál jou kinders.

Die sensitiewe een sal dalk meer empatie nodig hê, maar as jy haar probleme oorneem, gaan jy haar net onbekwaam laat voel. Ondersteun haar, maar wys ook dat jy glo sy kan.

Margaret Fourie, skrywer van Positiewe ouerskap, voeg by:

“Moedig haar aan om soveel verantwoordelikheid te aanvaar as waartoe sy in staat is. Elke kind is uniek. Party kinders het meer afrigting en ’n sagter benadering nodig. Luister na jou kind en wees bedag op tekens van stres sodat jy ’n deel van haar lading kan oorneem as dit sou nodig raak. Maar sorg dat sy, soos sy ouer word, al hoe meer onafhanklik optree – met jou steun.”