Geniet die koel Groen rustiGheid van die private Oceana-wildreservaat in die Oos-Kaap sowat ’n uur en ’n half se ry van Oos-Londen of Port Elizabeth.

Dit is ’n malariavrye gebied en jy het ’n pragtige uitsig oor dramatiese sandduine. Die ongerepte strand oor 7 km langs die Indiese Oseaan geniet blouvlagstatus.

Oceana bied ’n unieke verskeidenheid van eksklusiewe luukshede. Daar is sewe private suites en ’n drieslaapkamer-villa omring deur bosbokke, voëls en ander wilde diere, waaronder renosters en buffels. ’n Veldgids is ook beskikbaar om interessanthede aan besoekers uit te wys.

Dit is romanties en rustig, met digbeboste heuwels en die belofte van ’n egte Afrika-ervaring. Elke suite het ’n see-uitsig – en skouspelagtige sonsopkomste
en sonsondergange is gewaarborg!

Die oorspronklike en innoverende Afrika-kuns hier verleen ’n outentieke gevoel. Die kos is voortreflik en jy het spabederwe op jou drumpel.

Die Oceana Beach & Wildlife Reserve word deur Mantis bemark en is ’n trotse lid van die voorkeurverskaffer Boutique Hotels.


VRAAG

Aan watter odeaan is die gewilde reservaat Oceana Beach & Wildlife geleë?

Bel die Oceana Beach & Wildlife Reserve by 083 616 0605, stuur ’n e-pos na reservations@oceanareserve.com of besoek www.oceanareserve.com of www.mantiscollection.com.

PRYS

  • 3 nagte se verblyf vir 2 gaste
  • Alle maaltye
  • Wildbesigtigingsritte
  • Vollyf-aroma-masserings vir die wenner en metgesel
  • ’n Private strandpiekniek (na gelang van die weer)
  • ’n Private aandete in jou suitemet
  • ’n bottel Pierre Jourdan-vonkelwyn
  • Retoervlugte
  • Vervoer vanaf die lughawe na die reservaat en terug

Op die agtersitplek

Avis Chauffeur Drive is ’n persoonlike chauffeurdiens wat geskik is vir ’n koning. Dis gerieflik, luuks en beslis stylvol. Sit agteroor en geniet dié ontspanne ervaring.
Skakel Avis Chauffeur by 0861 600 414 of besoek www.avislux.co.za.

SMS en neem deel

SMS die woord OCEANA en die antwoord op die vraag hierby (geen leestekens) gevolg deur jou naam, van, telefoonnommer, e-pos- en posadres na die nommer 45510. (’n Tarief van R2 per SMS geld.)

Sluitingsdatum

30 Junie 2011

Die wenners sal teen 14 Julie 2011 per brief of e-pos in kennis gestel word.