In 'n wêreld waar tyd ons aanjaag en van ons kosbaarste oomblikke verbyflits, verlang jy na 'n plek van stilte. 'n Tyd vir die dinge na aan jou hart. Verbeel jou 'n parfuum wat van jou mooiste oomblikke saambottel in 'n suiwer vanielje-geïnspireerde geur. 'n Parfuum wat met vrede en eenvoud deel word van jou intiemste rituele.

Moeder Aarde se geur

pureDKNY is meer as 'n parfuum, dis 'n leefstyl. Dis 'n geur wat die veranderende patrone van ons planeet verstaan, en die toekoms verantwoordelik betree deur die eerste byna-organiese parfuum ter wêreld te wees.

Die ligte blomgeure is sensueel en sagkens, met 'n vanielje-basisgeur wat 'n luukse eenvoud weerspieël. Natuurlike note van die lotusblom, Bulgaarse roos, jasmyn, freesia en orgidieë word omhul deur die sagte geure van wit amber, romerige sandelhout en 'n druppel vanielje in water.

 

100% suiwer en herwinbaar

Die glasbottel is deur die vorm van 'n reëndruppel geïnspireer en word van 100% herwinbare glas gemaak. Slegs gewaarmerkte papier word vir die kartonboksie gebruik en 'n ink met laer VOC-vlakke word vir die drukwerk gebruik.

 

Vanielje uit Afrika

Die vanielje in pureDKNY, word in Uganda gekweek en hoofsaaklik deur vroue met die hand gepluk. pureDKNY en CARE, 'n humanitêre organisasie wat wêreldarmoede beveg, help saam met dié vroue wat so 'n belangrike rol in die maak van hierdie parfuum speel.

 
'n DKNY-vrou is getrou aan wie sy is, en só is haar parfuum.
 

"pureDKNY vang die kern van my eie siel vas, dit wie ek is en wat ek graag aanraak - soos vir die mense wat ek liefhet en om een met die natuur te wees. Dit gaan oor die rein, eenvoudige oomblikke van geluk." - Donna Karan

Eko-model, Angela Lindvall
Die gesig van pureDKNY, model Angela Lindvall,
is self 'n filantroop en iemand wat aktief die omgewing
beskerm.
Op haar Modeliania-blog deel sy haar eko-wenke:
Sy plant 'n groentetuin, sy herwin haar klerekas,
sy hou haar eie hoenders aan en sy ondersteun
plaaslike boere in die omgewing waar sy bly

Woon jy in Johannesburg? Dis jou kans om te wen!

Vertel ons wat jy doen om die aarde te beskerm. Deel jou groen wenke met sarie.com en jy en 'n vriendin staan 'n kans om die eksklusiewe DKNY-geleentheid in Johannesburg op 22 Februarie 2010 by te woon. Daar wag 'n spesiale verrassing op julle!