Red Door Aura is 'n jonger, meer kontemporêre weergawe van die ikoniese Red Door-parfuum van Elizabeth Arden. Die Elizabeth Arden-parfuumkenner, Carlos Benaim, vertel hoe die "lewenslustigheid en styl van die New York-vroue" hom geïnspireer het.

Red Door Aura het dieselfde kwaliteit as Red Door, is steeds sensueel, maar het nou ook 'n varser blommetoon. Die reeks bestaan uit die Red Door Aura Eau de Toilette Spray Naturel 30 ml (R255), 50 ml (R325) en 100 ml (R445).

Dis te kry by uitsoektakke van Edgars, Red Square, Foschini, Truworths en Woolworths.

JY KAN WEN!

Een gelukkige sarie.com-gebruiker staan 'n kans om 'n Red Door Aura-geskenkpak van Elizabeth Arden ter waarde van R5 000 te wen. Die geskenkpak sluit een Red Door Aura-parfuum en ander Elizabeth Arden-velsorg en grimering in om jóú voorkoms vir die partytjieseisoen te vervolmaak.

SKRYF SÓ IN:

Vul die vorm hieronder in.

SLUITINGSDATUM: VRYDAG 14 DESEMBER 2012