Vanaf Oktober vanjaar kan jy, saam met SodaStream en Susan G. Komen for the Cure, borskanker help beveg. Hulle skenk 5% van die verkope van hul spesiale Pink Fizz-sodagaskoeldrankmasjiene aan Komen for the Cure, ‘n organisasie vir borskanker-bewusmaking. Maar jy kan ‘n gelukkige sarie.com-gebruiker wees wat een van 12 SodaStream Pink Fizz-gaskoeldrankmasjiene wen. (Sien hieronder hoe om in te skryf)

Die SodaStream Fizz is ideaal vir tuisgebruik in jou kombuis. En afgesien van die groot verskeidenheid kleure wat binnekort in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees, kom die beperkte uitgawe SodaStream Fizz in ‘n pragtige pienk. Die Fizz Chip™ digitale skerm dui vir jou presies aan hoeveel gas daar nog in jou bottel is en hoeveel vonkel jou drankie bevat.

“Elke 69 sekondes sterf ‘n vrou aan borskanker, en dit is so belangrik dat ons navorsing steun en vroue inlig. SodaStream se Pink Fizz-veldtog verseker juis dat mense kan deel voel van ‘n aksie wat lewens red en borskanker help beveg,” sê Margo K. Lucero,vise-president van besigheidsontwikkeling en –samewerking (vice president, business development and partnerships) by Susan G. Komen for the Cure.

Vir meer inligting oor SodaStream, of om jou SodaStream Pink Fizz-sodamasjien te bestel, besoek www.sodastream.co.za of skakel 021 345 9220.