Antoinette Kellermann is weer te sien in As die broek pas, 'n boeiende eenvrouvertoning deur die bekende Duitse dramaturg Manfred Karge. Dit is die eerste Afrikaanse toneelstuk in die Fugard-teater.

Dit ondersoek die lewe van 'n vrou na die ontydige dood van haar man tydens die haglike ekonomiese omstandighede van die Weimar-periode (1919-1933). Sy neem sy identiteit aan om te oorleef en gaan werk by die fabriek waar hy 'n hyskraanbestuurder was.

Vir die volgende veertig jaar leef Ella Gericke vermom as haar oorlede man. Haar onortodokse keuse om as man te leef veroorsaak dat sy die ewige buitestander word. Uit hierdie gemarginaliseerde oogpunt beleef sy die geskiedenis, die opkoms van Nazisme, die Tweede Wêreldoorlog en die verdeling en heropbou van Duitsland. Insigte in haar verspilde lewe laat haar met baie vrae oor die aard van liefde, die status van vroue, die waarde van oorlewing en die realiteite van 'n gemeenskap wat deur mans oorheers word.

Kellerman het 'n SARIE-Kanna ontvang vir Beste Vroulike Kunstenaar vanjaar vir haar vertolking. Die produksie is óók bekroon met die ATKV/Woordfees-trofee vir Beste Drama.

"Waar, wanneer en hoe wen ek kaartjies?"

As die broek pas is die eerste Afrikaanse drama wat in die Fugard-teater op die planke sal wees, en daar sal net vyf vertonings wees vanaf 17 tot 21 Augustus.

Vul die inskrywingsvorm hieronder in om een van 2 dubbelkaartjies te wen!


AS DIE BROEK PAS 17-21 AUGUSTUS

Vir meer inligting, klik by www.teaterteater.com of www.thefugard.com

(Die Engelse weergawe MAN TO MAN speel vanaf 24-28 Augustus)


Bring jou Augustus-SARIE saam, en kyk die vertoning teen afslag

Bring jou Augustus-SARIE saam na die vertoning en in plaas van R90 sal jy R70 betaal. (Let wel! Dit geld vir sowel die Afrikaanse as die Engelse vertoning.)