Dit beloof om iets totaal ongewoon te wees! 'n Vrouedag met plattelandse gasvryheid in die hartjie van Kaapstad. Met lang tafels vol met kosbederf van bekende spysenier Pauline Schreuder, afgerond met goeie sjampanje en kleurvolle skemerkelkies. Daar is vir elke vrou 'n geskenkpakkie en 'n gelukkige trekking met pryse wat 'n oorspronklike Louis Jansen van Vuuren-pastelskildery en 'n spesiale versamelstuk van SARIE KOS insluit.

Jy kan een van 2 dubbelkaartjies na die Platteland Chic-vrouedag wen. Skryf hieronder in! (Onthou, jy moet self by The Palms uitkom. Geen vervoer of verblyfkoste word gedek nie.)

Indien jy kaartjies teen R500 elk wil bespreek. Stuur 'n e-pos aan Isabella Niehaus by bellnie@iafrica.com