Met 3 topgeure in die geskenkpak is dit ideaal vir die hele gesin: Animagical van Puma, Dunhill Custom en Avril Lavigne se Wild Rose.

Puma Animagical

Elke dag is 'n avontuur en met Animagical van Puma sal jy reg wees om enigiets aan te pak. Of jy nou by die werk is, uitgaan vir 'n skemerkelkie of vakansie hou, jy sal vars en fantasties voel. Animagical is geïnspireer deur die warmte van Afrika en die energieke dansritmes. Animagical is in 'n vroue- en 'n mansgeur beskikbaar.
Dunhill Custon

Dunhill Custom is die connoisseur se keuse. Met 100 jaar se ervaring in die wêreld van luukshede is dit geen verrassing dat selfs hul parfuum soos 'n pasklaar snyerspak aan jou kan sit nie. Dunhill Custom is vir die man wat weet wat hy wil hê.

Wild Rose - Avril Rose Ontdek jou unieke styl met Wild Rose van Avril Lavigne. Haar derde parfuum is ideaal om in die dag te dra, met die warmer note van Forbidden Rose ideaal vir die aand. "Wild Rose is vir die vrou met 'n vry gees," sê Avril oor haar nuutste parfuum, wat haar wilde, vroulike persoonlikheid vasvang.

3 lesers kan elk 'n geskenkpak met dié 3 parfuums WEN.