Die Tefal Toast 'n Egg is nog een van Tefal se innoverende idees om kombuisware vir jou slim en moeiteloos te maak. En dink net hoe bly sal Ma wees as jy vir haar met 'n Tefal Toast 'n Egg op Moedersdag verras.

Binne vier minute kan jy 'n smaaklike ontbyt op die tafel hê: Breek die eier, sit die brood in die rooster en die spek in die opwarmer. So maklik soos dit!

Die veeldoelige ontwerp van die Tefal Toast 'n Egg sluit in 'n posjeer-funksie vir muffin-grootte eiers, 'n stoom-funksie vir hardgekookte eiers, twee gleuwe vir roosterbrood, muffins, croissants en bagels, plus 'n opwarm-funksie vir gaar vleis. En vir die kok is daar 'n krummelpannetjie, 'n maatbeker, 'n prikstokkie vir wanneer jy hardgekookte eiers maak en 'n plek waar jy die koord kan wegbêre. Die Tefal Toast 'n Egg is ideaal vir ma's wat wil seker maak hul kinders kry al die goedheid van 'n heilsame ontbyt voor hulle skool toe gaan. Of vir die besige professionele vrou wat nie soggens tyd het nie. Hoe ookal, dis 'n moet-hê-kombuistoestel vir jou huis. Tefal-produkte is in SA beskikbaar by www.alcdashley.co.za en by Boardmans-takke

Jy kan een van 4 Tefal Toast 'n Egg broodroosters ter waarde van R799 elk wen!

Vul die kompetisieblokkie hieronder in