Die titel van Mathys Roets se nuwe CD prikkel nie verniet die nuuskierigheid nie. Die liedjies – wat op geen van sy ander CD’s is nie – is geskryf deur woordtowenaars soos Piet van Wyk de Vries, Danie Niehaus, André Swiegers en Nardus de Plooy én vir die eerste keer is daar een deur Mathys self! Dis ’n knap versameling wat nie net ten volle reg laat geskied aan sy stem nie, maar ook ’n skitterende voorbeeld is van die liriekskrywers se besonderse talente.

Die lewe is ’n reis vol onsekerhede, maar jy kan jou laat lei deur bekende ervarings, die onsekerhede as uitdagings sien en vrede vind in jouself, soos Mathys veral die afgelope twee jaar beleef het.

Een van die liedjies op die CD is spesiaal vir SARIE geskryf - klik om na SARIE te luister.

Die CD-bekendstelling vind