Die sakevrou Annie Malan is betrokke by die Christelike Lektuurfonds (CLF) se droom om 1 miljoen eksemplare van Desmond Tutu se Kinderbybel-storieboek, God se kinders – Verhale uit die Bybel (Lux Verbi en CLF, in 6 tale vertaal), in SA te versprei. “Die prentjie waarvan ons deel vorm, is soveel groter as onsself, as al die mense wat ons liefhet en al die mense wat ons nog moet ontmoet. Ek kry uit my geloof aanmoediging, geluk, hoop, selfbeeld, integriteit en sukses, maar bowenal die grootste en onselfsugtigste vorm van liefde. Alles wat ek het en is en ken en beleef, kan ek opsom in een woord: genade,” sê Annie. “Soos Desmond Tutu by die bekendstelling gesê het: ‘As die creature so pragtig is, dink hoeveel mooier is die Creator!’

*Kry jou eie Kinderbybel en skenk een vir slegs R100. Besoek www.clf.co.za of bel 021 873 6964.

Jy kan WEN!

Wen een van 5 eksemplare van God se kinders. Skryf hieronder in.