Dit is weer tyd vir THE GOOD FOOD & WINE SHOW in Kaapstad vanaf 23 tot 26 Mei. Dit is 'n fees van kostrends, kookkuns en celeb-sjefs. Een van die sterre vanjaar is bekende sjef Gordon Ramsay. Jy ken hom van bekende TV-programme soosHell’s Kitchen, The F Word, Ramsay’s Best Restaurant, Ramsay’s Kitchen Nightmares, Gordon's Great Escape, Gordon Behind Bars en Gordon Ramsay's Ultimate Cookery Course. Ook die Amerikaanse weergawes van Hell’s Kitchen, Kitchen Nightmares, MasterChef and Hotel Hell.

Sarie.com en THE GOOD FOOD & WINE SHOW gee EEN gelukkige sarie.com-leser én metgesel in die Kaap die geleentheid om 'n BBP-ervaring met Gordon Ramsay te WEN!

Van die ander sjef-sterrewat jy by vanjaar se fees te sien is sluit in Eric Lanlard, Bill Granger, Isabella Bliss (van Junior MasterChef Australia) en haar tweelingsuster, Sofia.

Klik by THE GOOD FOOD & WINE SHOW vir meer.


JY KAN 1 X DUBBELKAARTJIE TER WAARDE VAN R1800 WEN!
Só lyk die BBP-ervaring:

  • Toegang tot vanjaar se THE GOOD FOOD & WINE SHOW
  • Drankies en 'n vingerete in die DSTV BBP-sit-area
  • BBP-sitplekke in die Checkers Celebrity Chefs Theatre vir Gordon Ramsay se kosdemonstrasie.
  • 'n Getekende eksemplaar van Gordon Ramsay se nuutste resepteboek, Gordon Ramsay’s Ultimate Cooking Course (Ter waarde van R400)

Onthou, sarie.com dek GEEN reis- of verblyfkostes nie. Jy moet op eie onkostes by die geleentheid kom.