Jy kan jou nou opnuut verkneukel in sy vertellings oor goed wat ons skoner geslag na aan die hart lê, sake wat ons soms warm onder die kraag maak, veral as die wederhelfte betrokke is. Sy pen ontsien niks van vrouwees nie, altyd met 'n vonkel in die oog. Soms wil-wil jy jou vererg vir die man se raakvat-skrywe, maar dan kan jy nie anders as om saam te lag oor ons geslag (en mans!) se eienaardighede nie. Op die vrou af 2 (Human & Rousseau, R155), sy nuutste boek, is kraakvars in boekwinkels. Die bundel bevat al die rubrieke wat van 2004 tot 2008 in SARIE verskyn het.

Hierdie wenners het elk 'n Op die vrou af 2 gewen:

Riette le Roux
Tania Lamprecht
Alida Rudman
Hesti Jordaan
Dorette Esterhuizen

Verhoogstuk

Op die vrou af 2 is weer verwerk in musiekteater deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Jolette Odendaal. Die stuk word tans landwyd opgevoer - kyk ook uit daarvoor by kunstefeeste. (Om 'n opvoering in jou geweste te bespreek: e-pos henniewtf@mweb.co.za)