Colour Makes Change is ’n gemeenskapsinisiatief van Foschini om mense van borskanker bewus
te maak. Die veldtog is in 2009 begin ter ondersteuning van PinkDrive se mobiele mammogram-klinieke. Dié vragmotors reis landwyd en doen gratis borskankertoetse. Hulle voed ook vroue in minder bevoorregte gemeenskappe oor dié siekte op.

Verlede jaar het Foschini en TFG (die Foschini-groep), asook hul verskaffers R505 000 vir dié veldtog ingesamel.

Vanjaar span hulle kragte saam met hul suster-handelsmerk Donna-Claire om nie minder nie as R600 000 in te samel.

Om dié doelwit te help bereik het Foschini ’n beperkte aantal T-hemde ontwerp met ’n strik-motief in blou, koraal, turkoois en swart, asook Foschini-armbande met individuele boodskappe van liefde, hoop, vertroue en verandering – sodat jy jou hart op jou mou kan dra! Pakke spesiaal ontwerpte
broekies, asook lipsalf in sjokolade-, aarbei-, vanielje- en bessiegeure word ook verkoop.

Al hierdie produkte is beskikbaar by uitsoektakke van Foschini.

Voorts sal ’n deel van alle aankope wat jy tussen 19 September en 31 Oktober by Foschini- en Donna-Claire-winkels doen, ook aan dié verdienstelike saak geskenk word.

Word dus deel van die veldtog en lewer jou bydrae in die stryd teen borskanker.

Items in die Colour Makes The Change-reeks


Horlosie met gelukbringertjies R149 Armband R25 Horlosie met wit bandjie R199 T-hemp R140

Horlosie met

gelukbringertjies R149

Armband R25 Horlosie met wit bandjie R199 T-hemp R140

SLUITINGSDATUM

31 Oktober 2011

Die wenners sal teen 14 November 2011 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging kry.

Colour makes the change geskankkaart Foschini-geskankkaart