Energizer, 'n wêreldleier in batterykrag, se reeks herlaaibare, langdurende batterye trek 'n splinternuwe baadjie aan. Nie net word 40% minder plastiek vir die verpakking van die herlaaiers gebruik nie, maar elke stel is spesiaal vir jóú behoeftes ontwerp:

  1. 'n Cool pa en ma weet dat wanneer dit by die kinders se speelgoed kom, die batterye lánk moet hou en honderde kere herlaai moet kan word. Energizer is jou antwoord.
  2. Jou lewe is 'n dolle gejaag, en jy's op soek na vinnig herlaaibare batterye om in al jou toestelle se behoeftes te voorsien. Nóg beter is dat 'n herlaaide Energizer-battery sy krag lank behou, want jou tyd vir herlaai is min in die week.
  3. Die Techie. Jy besit elke nuwe toestel op die mark, en gebruik die meeste van hulle saam op een slag. Energizer voorsien die batterykrag wat jy nodig het om jou leefstyl aan die gang te hou.

So wat bied die nuwe AA- en AAA-reeks?
Alle batterye is gereed om gebruik te word wanneer jy dit uit die verpakking haal en Energizer-batterye behou hul herlaaide krag VIR 'N JAAR.

ENERGIZER RECHARGE UNIVERSAL: Die batterye word gebruik vir 'n wye reeks toestelle en herlaaide krag hou vir 'n jaar.
ENERGIZER RECHARGE EXTREME: Die top-battery vir tegnologiese toestelle wat maksimun krag vereis. Hierdie battery hou tot 6 keer langer.

Die Energizer-herlaaiers is ook ontwerp om by jou behoeftes te pas. Daar is 3 in die reeks:

ENERGIZER MINI CHARGER: Hierdie is die kleinste weergawe en is die perfekte herlaaier vir alledaagse krag-behoeftes.

ENERGIZER VALUE CHARGER: Hierdie liggewig-herlaaier is ideaal vir wanneer jy reis.

ENERGIZER COMPACT CHARGER: Die LED-liggies en die outomatiese afsit-funksie maak hierdie 'n ideale herlaaier.

Besoek www.energizer.co.za of gesels saam op www.facebook.com/energizersouthafrica

7 gelukkige sarie.com-gebruikers kan elk 'n geskenkpak met dié Energizer-produkte ter waarde van R800 WEN. Die sluitingsdatum is 19 Desember 2012.

Energizer Combo-stel  LED Energizer Hi-Intensity-koplig
Energizer- herlaaibare batterye Energizer Universal-herlaaier