Waaroor gaan Semi-soet?

Selferkende werkholis Jaci van Jaarsveld sal alles in haar vermoë doen om te keer dat die advertensiemaatskappy waarvoor sy werk oorgeneem word deur ‘n genadelose sakeman bekend as ‘The Jackal’. Haar enigste hoop is om ‘n groot kontrak los te slaan vir ‘n wynlandgoed wat hul wyne internasionaal wil bemark. Makliker gesê as gedaan, veral as die wynboer vereis dat die persoon wat sy wyn gaan bemark in ‘n gevestigde liefdesverhouding moet wees.  

Uit desperaatheid besluit Jaci om ‘n model te huur om hom voor te doen as haar verloofde. Gevolglik neem sy aan dat die eerste aantreklike man wat by hul kantore instap deur die modelagentskap gestuur is.

Als blyk seepglad te verloop met die ontmoeting met die wynboer, totdat hy vir Jaci en haar ‘verloofde’ wynplaas toe nooi vir ‘n naweek waartydens sy teen die opposisie moet meeding vir die kontrak. En wie is die opposisie? Jaci se eks-verloofde, Markus Rossouw.
 
Net wanneer Jaci dink dat sy in volle beheer is besef sy dat haar kamstige verloofde, JP, die einste ‘Jackal’ is wat haar maatskappy probeer sink ...

JY KAN WEN!

Galaxy & Co. se Blou stel
Silwerring met sirkoonsteen
Silwerketting met sirkoonsteen-hangertjie
Silwer-oorbelle met sirkoonsteen

Galaxy & Co. se Pienk stel
Silwerring met sirkoonsteen
Silwerketting met sirkoonsteen-hangertjie

Kyk die voorprent van semi-soet