Die nuutste neigings vir dekor en bykomstighede vir jou huis én tuin sal daar besigtig kan word. Met meer as 300 stalletjies is dit die perfekte plek vir al die huis-inspirasie waarvoor jy kan wens.

Kom geniet die kans om nuwe idees vir elke vertrek in jou huis te kry, produkte met mekaar te vergelyk en nuwe produkte te ontdek. Alles onder een dak!

20 gelukkige lesers kan dubbelkaartjies wen na die geleentheid. Antwoord net die vraag hier onder, en vul die vorm in.

Die Ekspo is oop vanaf 10:00 tot 20:00 vanaf 1-4 September by die KIKS (Kaapse Internasionale Konvensiesentrum).

Ingang is R55 vir volwassenes, R35 vir pensionarisse en toegang vir kinders onder 12 is gratis.

Vir meer inligting besoek : www.homemakersonline.co.za