A-Z VAN VERMAAK BY CULTIVARIA

Vanjaar se Cultivaria-kunstefees aangebied deur FNB en Drakenstein Munisipaliteit beloof 'n opwindende vermaak verskeidenheid van teaterproduksies, musiek, dansuitvoerings, komedie en klassieke musiek.

Vanaf 23-27 September sal die vierde weergawe van Suid-Afrika se vinnigste-groeiende fees die Bolandse dorp, Paarl, in rep en roer hê met honderde produksies deur van die land se top vermaaklikheidsterre soos Nataniël, die Bala broers, Coenie de Villiers, Rory Rootenberg, Mathys Roets, Chris Chameleon, Jak de Priester, Nianell, Dozi en  David Kramer.
 
Besoekers kan lekker by die Heinz Emporium ontspan en wyne van top produsente uit die area geniet, terwyl verskeie kosstalletjies versnaperinge en watertand-lekker maaltye sal verskaf.

Die jongspan sal beslis ook die fees geniet aangesien die Liqui-Fruit-kinderteater en speelgrond heeldag vermaak vir die jonger geslag aanbied. Bekendes, kosredakteurs en uitsonderlike sjefs bied daaglikse kookdemonstrasies in die Bokomo Food & Home Kombuis aan.

Kaartjiesbesprekings kan aanlyn gedoen word by www.cultivaria.com (slegs kredietkaart betalings word aanvaar).  Vir telefoniese navrae, kontak die Cultivaria-feeskantoor by 021-872 9754.

Wen kaartjies na Mathys se konsert

Mathys Roets se sangloopbaan het sowat twee dekades gelede afgeskop met onder meer die musiek van musikale legendes soos Koos du Plessis en Leonard Cohen, wat Roets met aansienlike sukses landwyd gesing en later ook opgeneem het.

Vanjaar het hy met die veelsydige musikant Matthys Maree saamgespan om hulde te bring aan drie meesters van musiek en liriek in sy Masters of Song-reeks. Hiermee onderneem hy as't ware 'n nostalgiese reis deur die musiek van die liedjieskrywers en sangers wie se musiek deel was van sy beginjare, toe hy nog in Pretoria se restaurante gesing het.

WEN WEN WEN

5 gelukkige lesers kan elk 'n dubbelkaartjie wen na Mathys Roets se, Masters of Song-vertoning Saterdag, 26 September om 10h00 in die FNB Private Clients Stadsaal.

Stuur jou naam, adres en kontakbesonderhede aan Renée by admin@peridot.co.za met "Sarie" as die onderwerp, om te kwalifiseer vir 'n moontlike dubbelkaartjie na Mathys Roets se vertoning.