Ná twee jaar is dié trefferproduksie, wat reeds deur 45 000 mense gesien is, terug op die planke. Ons vir jou is geskryf deur Hertzog-pryswenner Deon Opperman en Sean Else en die musiek is deur Johan Vorster gekomponeer.

Opperman sê, “Ek glo dat enige nasie, soos enige mens, wat nie onthou wie hy was nie, nie sal weet wie hy is nie, en nie kan droom oor wat hy nog kan wees nie”.

Ons vir jou-musiekblyspel

Ons vir jou vertel die verhaal van ’n kosbare deel van die Afrikaner geskiedenis. Die impak van die Boereoorlog op ’n jong Afrikanervolk word met deernis en passie uitgebeeld. Met uitmuntende spel, ontroerende musiek en aangrypende dialoog is Ons vir jou ’n een keer in 'n leeftyd-ervaring.
Aangebied ter viering van die 110de herdenking van die einde van die Anglo-Boereoorlog.

Spelers in Ons vir jouSpelers in Ons vir jou

Só moet jy maak

Wanneer: Vanaf 7 Julie 2012
Plek: Operahuis, Staatsteater, Pretoria
Kaartjiepryse: Van R190,00 tot R350,00
10%-afslag op groepbesprekings en 15%-afslag vir lede van die Solidariteit Beweging
Rolverdeling: Rouel Beukes, Michelle Botha, Jannie Moolman, Marisa Drummond, Paul Luckhoff, Neels Coetzee, David Clatworthy, Norman Anstey en vele meer!

WEN een van 5 dubbelkaartjies vir óf Vrydag 13 Julie of Saterdag 14 Julie