Stuur groete aan Mannetjies Roux 

Twee gelukkige paartjies kan elk 'n nag se verblyf en ontbyt by die Dutch Manor Antique Hotel wen, asook twee kaartjies (per paartjie) na Stuur GROETE aan Mannetjies Roux.

Die verblyf en konsertkaartjies is vir Dinsdsag 28 Junie 2011 by die ArtsCape in Kaapstad. Die waarde van die kamer is R1 200 per nag. Die waarde van die kaartjies is R270 per persoon. 

Die wenners kry ook ‘n program en Mannetjies Roux CD.

Die vier-ster Dutch Manor Antique Hotel is tussen Tafelberg en die V& A Waterfront geleë. Die gebou dateer terug na 1812, en is noukeurig gerestoureer en al die dekor dra by tot die hotel se unieke styl en karakter.

Dit is SA se enigste geregistreerde Antieke hotel, tog is die en-suite badkamers gemoderniseer vir jou gemak.

Elke kamer het ook 'n 26 duim plasma-skerm TV.

Vir meer inligting oor Dutch Manor Antique Hotel besoek: www.dutchmanor.co.za

Dutch Manor Antique Hotel Dutch Manor Antique Hotel

Die wedstryd sluit 26 Junie 2011