Suid-Afrika was eerste op die lys toe The Eagles hul konserttoer vir 2012 aangekondig het. Dis die eerste keer in die groep se bestaan dat hulle in Suid-Afrika optree. So, as jy 'n aanhanger is, maar die druk van die ekonomie voel, staan jy nou 'n kans om saam met 'n metgesel die konsert in Kaapstad en Johannesburg by te woon!

Die groeplede – Glenn Frey, Don Henley, Joe Walsh and Timothy B. Schmit  – sal in 'n 2 uurlange konsert hul groot treffers soos "Hotel California", "Desperado", "Take It Easy" en meer sing. The Eagles het al meer as 20 miljoen albums wêreldwyd verkoop, vyf nommer een-treffers in Amerika opgelewer en ses Grammy-toekennings ingepalm.

Moenie wag nie – skryf nou in want tyd is min!

JY KAN WEN!

* 1 gelukkige sarie.com-gebruiker kan dubbelkaartjies na die konsert op 4 April by die Kaapstad Stadion in Kaapstad wen.

* 1 gelukkige sarie.com-gebruiker kan dubbelkaartjies na die konsert op 8 April by Soccer City, FNB Stadion in Johannesburg wen.

SLUITINGSDATUM: Maandag 2 April 2012 teen 12 nm.

Vul die vorm hieronder in.