Brittanje se grootste alternatiewe rock-groep is nóú in SA - vir die eerste keer! En ons het lank gewag om hulle hier te sien - Big Concerts werk al 'n dekade lank hieraan.

Coldplay sal Woensdag 5 Oktober 2011 in die Kaapstad Stadion en Saterdag 8 Oktober 2011 by die FNB-stadion in Johannesburg optree. Die toer word deur Big Concerts aangebied in samewerking met 94.5 KFM, Highveld Stereo en M-Net.

Chris Martin, aktrise Gwyneth Paltrow se man, en die res van die groep oorrompel miljoene aanhangers wêreldwyd sedert hul eerste vrystelling, 'Parachutes', in 2000. Van dag een stroom die musiekpryse en -erkennings in: van 'n Grammy in 2004 vir 'A Rush of Blood to the Head' tot die titel van topverkoper-album in 2005 vir "X & Y" met wêreldwye verkope van meer as 8,3 miljoen albums.

WAT JY KAN WEN?

Daar is 2 stel dubbelkaartjies vir die Kaapstad-konsert en 2 stel dubbelkaartjies vir die Johannesburg-konsert op die spel.

Sluitingsdatum: Dinsdag 4 Oktober om 5:30 nm.

Beantwoord die vraag hieronder

NOG NUUS!

Julio Iglesias

Die legendariese Julio Iglesias wat vroue al vir die afgelope 43 jaar laat swymel, is binnekort in SA! Hy tree 5 en 6 November 2011 op by Carnival City, Johannesburg en 8 November by die Grand Arena, Grand West in Kaapstad.

Met verkope van meer as 350 miljoen albums wêreldwyd, meer as 2 600 platinum- en goue albums en optredes saam met mede-legendes soos Frank Sinatra tot Willie Nelson, is Julio 'n moet-sien! Hy's werklik 'n wêreldsanger en spog selfs met 'n Guinness Book of World-rekord as die sanger wat die meeste albums in die meeste verskillende tale ooit uitgebring het. Sy 2011-toer sluit optredes op vier kontinente in - en ons is een van die gelukkiges!

Kaartjies vir bogenoemde optredes is by Computicket te koop.