Moedersdag is die een dag in die jaar wanneer jy vir Ma lekker kan bederf en nou gee sarie.com en Old Mutual jou die kans om haar uit te vat vir 'n piekniekkonsert saam met Karlien van Jaarsveld, Chris Chameleon en Jacques du Plessis (klynneef in die groep, Die Grafsteensangers). Du Plessis toer tans saam met Bobby en Karlien van Jaarsveld.

Chameleon het geen bekendstelling nodig nie en Sondag se konsert beloof om iets besonders te wees. Platinumverkoper Karlien van Jaarsveld het almal se harte verower met treffers soos Niks beter as liefde en Jakkals trou met wolf se vrou en Ma sal beslis hiervan hou! Jacques du Plessis is sinoniem met van die beste blues- en folk-musiek, ideaal vir 'n konsert in een van ons land se mooiste tuine.

**Klik by Old Mutual Music in the Garden se Facebook- en Twitterblaaie

Nog inligting

Kaartjies beskikbaar by www.ticketbreak.co.za
As jy voor die tyd koop - R80
Voor die tyd by die tuine - R90
By die hekke op die dag - R100

Tye:

11h00 - Hekke maak oop

13h00 – Jacques Du Plessis

14h00 – Chris Chameleon

15h00 – Karlien van Jaarsveld

Daar is 'n restaurant en 'n teetuin by die Botaniese Tuine. Alkohol sal ook op die twee plekke te koop wees. Jy mag jou eie piekniekmandjie en -komberse bring. Daar's 'n Kid Zone beskikbaar tussen 13h30 en 16h30.