Romanse, ’n hele paar lag-uit-jou-maag-uit oomblikke, dalk selfs ’n traan of twee en hope inspirasie – dit alles gaan jy kry in Klein Karoo, die nuutste romantiese fliek uit die stal van Kaapland Films. Dit tref op 1 Februarie volgende jaar die groot skerm landwyd.

In Klein Karoo bevind die hoofkarakters Cybil (Donnalee Roberts), Meyer (Hykie Berg) en Frans (Tim Theron) hulself in ’n liefdesdriehoek. Wie gaan by wie ware liefde vind? Nie net ware liefde nie, maar ook die wete dat die lewe, en liefde, net iets beteken wanneer ons bereid is om ’n verskil te maak!

Donnalee Roberts

Tim TheronHykie Berg

Die rolprent se vervaardigers, Kaapland Films, gee vir SARIE-lesers onvergeetlike pryse weg in samewerking met Dark Chocolate Gastehuis (in Durbanville) en Oudsthoorn se Swartberg Country Manor, die Kangogrotte, Karusa-wyne ?en Jemima’s Restaurant.

Piekniekplek in die SwartbergvalleiSwartberg Country Manor by Oudtshoorn

'n Bord kos van Jemima's RestaurantKango-grotte

Hoe wen jy?
Al wat jy hoef te doen om een van drie wonderlike wegbreeknaweke ?te wen is om vir ons ?in 100 woorde van jou gunsteling-piekniekplek te vertel en te sê hoekom dié plek vir jou so spesiaal is. Skryf jou 100-woord-antwoord in die kommentaarboksie hieronder.

PLUS
Nie net is daar ’n wegbreek op die spel nie, maar ook kaartjies na Klein Karoo se première in? die Kangogrotte!


SLUITINGSDATUM:
30 November 2012

Al die wenners sal teen 15 Desember 2012 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.

1STE PRYS

Naweek vir 4 mense by Swartberg Country Manor op Oudtshoorn (ter waarde van R41 500)
Prys sluit in:
* 4 retoervliegkaartjies uit Johannesburg of Durban na Kaapstad
* 1 nag vir 4 persone by Dark Chocolate Gastehuis in Durbanville (aandete ingesluit)
* Huurmotor vir 4 dae (om te reis tussen Kaapstad en Swartberg Country Manor, plus ?R1 000 se brandstof)  
* 3 nagte vir 4 mense by Swartberg Country Manor (ontbyt & aandete ingesluit)
* Kangogrotte-toer vir 4 mense, middagete ingesluit (ete ter waarde van R800)
* Middagete vir 4 mense by Jemima’s Restaurant op Oudtshoorn (ete ter waarde van R1 000)
* Middagete vir 4 mense by Karusa-wyne, plus kas wyn (ete en wyn altesaam R1 200 werd)
* Aktiwiteite by Swartberg Country Manor vir ?4 mense (ter waarde van R2 500)

2DE PRYS


Naweek vir 2 mense by Swartberg Country Manor op Oudtshoorn (ter waarde van R23 550)
Prys sluit in:
* 2 retoervliegkaartjies uit Johannesburg of Durban na Kaapstad
* 1 nag vir 2 persone by Dark Chocolate Gastehuis in Durbanville (aandete ingesluit)
* Huurmotor vir 4 dae (om te reis tussen Kaapstad en Swartberg Country Manor, plus ?R1 000 se brandstof)  
* 3 nagte vir 2 mense by Swartberg Country Manor (ontbyt & aandete ingesluit)
* Kangogrotte-toer vir 2 mense, middagete ingesluit (ete ter waarde van R400)
* Middagete vir 2 mense by Jemima’s Restaurant op Oudtshoorn (ete ter waarde van R500)
* Middagete vir 2 mense by Karusa-wyne, plus kas wyn (ete en wyn altesaam R900 werd)
* Aktiwiteite by Swartberg Country Manor vir ?2 mense (ter waarde van R1 250)

3DE PRYSE


2 x pryse vir ’n naweek vir 2 mense by Swartberg Country Manor op Oudtshoorn (sonder vliegkaartjies en motorhuur, ter waarde van R7 800 elk)
Elk van die 2 derdepryse sluit in:
* 2 nagte vir 2 mense by Swartberg Country Manor (ontbyt en aandete ingesluit, ter waarde van R5 000)
* Kangogrotte-toer vir 2 mense, middagete ingesluite (ete ter waarde van R400)
* Middagete vir 2 mense by Jemima’s Restaurant op Oudtshoorn (ete ter waarde van R500)
* Middagete vir 2 mense by Karusa-wyne, plus kas wyn (ete en wyn altesaam R900 werd)
* Aktiwiteite by Swartberg Country Manor ?vir 2 mense (ter waarde van R1 000)

LET WEL: Pryse sluit nie drankies by gastehuis in nie.

Vir nog inligting of besprekings, bel Swartberg Country Manor by 044 279 3188 en Dark Chocolate Gastehuis by 021 979 1988, besoek www.comfortstay.co.za of stuur e-pos na res@comfortstay.co.za

WEDSTRYDREËLS

1. Die eerste intekeninge/hernuwings en die beste inskrywings wat ontvang word, wen ?die pryse. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

2. Die wenners sal telefonies verwittig word en hul name ?sal in ’n latere stadium op die webtuiste www.sarie.com verskyn.

3. Die pryse is nie ?oordraagbaar nie en is nie vir kontant omruilbaar nie.

4. SARIE bied hierdie wedstryde ?namens Kaapland Films aan as ’n diens vir haar lesers. Kaapland Films voorsien en is verantwoordelik vir die pryse.

5. Werknemers en hul gesinne van ?Media24 (SARIE se moedermaatskappy), Kaapland Films en hul reklamemaat-skappye mag nie aan die wedstryde deelneem nie.

6. Media24, Kaapland Films word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat ’n wenner kan hê weens skade/beserings vanweë sy/haar deelname aan die wedstryde of benutting van die pryse.