Le Creuset se produkte blom in verskillende kleure en sal enige tafel feestelik laat lyk. Die reeks erdeware is feitlik nie-poreus, duursaam en bestand teen stampplekke omdat dit vier keer tydens vervaardiging gebak is. Daarby is dit bedek met ’n dubbele laag glasemalje.

Die resultaat is ’n versameling kookware wat nie net goed lyk nie, maar wat ook buitengewoon goed kook! Le Creuset se tradisionele erdeware is boonop geskik vir die oond én vir mikrogolf.

Espresso-beker Espresso-beker Espresso-beker

Die pryse

  • 32 cm-opdienbak: Die nuwe Caribbean Blue-opdienbak kan gebruik word vir bak, geregte voorsit of selfs marineer. Geskik vir die skottelgoedmasjien (maar nie vir die kookplaat nie).
  • Pasta-/opdienbak: Die veelsydige bak is mooi genoeg vir enige van jou spesiale skeppings in die kombuis.
  • Stamper en vysel: Die 0,5 literinhoudsmaat bied ruimte vir fynmaak, byvoeg en roer.
  • 4 x espresso-bekers: Met sulke stylvolle bekers sal jy beslis jou vriendinne wil nooi.
  • Ketel met fluit: Sit die tradisioneel gestileerde ketel op die plaat en hoor net hoe fluit hy!

Pasta/Opdienbak

SMS EN NEEM DEEL


SMS die antwoord (geen leestekens) gevolg deur jou naam, van, ID-nommer, telefoonnommer, e-pos- en posadres na die nommer 45510. (’n Tarief van R1,50 per SMS geld.)

SLUITINGSDATUM

31 Augustus 2011

Die wenner sal teen 14 September 2011 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.

VIR MEER INLIGTING:

Besoek www.lecreuset.co.za of skakel 0861 77 33 21.