Dis weer tyd vir ’n fees!

Van 4 tot 13 Maart 2011 trek die voorste woordkunstenaars op Stellenbosch saam vir die twaalfde Woordfees. Vanjaar se tema is Elwe en Selwe.

Dis interessante gesprekke oor boeke en nog wat, musiek, rolprente, dramas, kunsuitstallings. SARIE skrywer André le Roux is een van die vele gassprekers. En daar is die Woordfees-Spier-konsertreeks in samewerking met SARIE.

Besoek www.woordfees.co.za vir die volledige program.

Wen met SARIE & US Woordfees       woordfees

Eerste prys ’n Week van bederf
’n Gelukkige SARIE-leser en metgesel wen ’n week se gratis verblyf in die Stellenbosch Lodge van Maandag 7 Maart tot Sondag 13 Maart 2011. Wenners geniet elke oggend ’n heerlike ontbyt, en een spa-pamperlangsessie deur die loop van die week. Boonop kry julle gratis toegang tot al die Woordfeesproduksies van 7 tot 13 Maart.

Tweede prys - ’n Wegbreeknaweek
’n Gelukkige SARIE-leser geniet ’n naweek se gratis verblyf in die Stellenbosch Lodge van Vrydag 11 Maart tot Sondag 13 Maart 2011, en gratis toegang tot die naweek se Woordfeesproduksies.

 

VRAAG: Op watter dorp is die US-Woordfees gehou?

 

Neem só deel

Skryf die antwoord op die vraag hierby agterop ’n poskaart en stuur dit met jou naam, adres, e-pos-adres en telefoonnommer aan:

SARIE/Woordfeeswedstryd,
Posbus 511, Kaapstad 8000.

Sms en neem deel
SMS die woord WOORDFEES (geen leestekens), gevolg deur die antwoord op die vraag hierby en jou naam, e-posen posadres na die nommer 45510. (’n Tarief van R1,50 per SMS geld.)

Sluitingsdatum   


14 februarie 2011

Die wenners sal teen 20 Februarie 2011 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.

 
Stellenbosch Lodge Stellenbosch Lodge is ’n unieke viersterhotel geleë in die hartjie van die Stellenbosch Wynroete. Vir Spesiale Woordfeespakkette, skakel 021 888 0100 of e-pos info@stblodge.co.za. Besoek die webtuiste www.stblodge.co.za vir foto’s en verdere inligting.
Maties Travel As wenners nie in die Wes-Kaap woon nie, sal Maties Travel hulle van Johannesburg of Durban na Kaapstad vlieg. Vervoer van Kaapstad Internasionale Lughawe na Stellenbosch is ingesluit. Vir besprekings, skakel 021 880 0025 of besoek www.matiestravel.co.za