Jy sal baie hou van die nuwe wintervoorkoms by Mr Price dié jaar! Daar is elke moontlike mode-item wat jou modekas sal opkikker in 'n veelsydige, modieuse en opwindende versameling.

Hier is die Desirables-sleutelitems vir jou winterkas:

1. Die veelsydige baadjie (foto bo), R139,99

Dra dit oor enigiets van jou noupypjeans (skinny jeans) en 'n loslit-T-hemp tot 'n wye maksi-romp.

2. Toeknoop-trui, R89,99

Hiersonder kan jy eenvoudig nie deur dié winter kom nie! Dis gemaklik vir luilekker-naweeksdae asook professioneel vir kantoor. 'n Prettige borsspeld sal dit tong-in-die-kies-houding gee.

Die toeknooptrui

3. Spanbroek, R69,99

Die perfekte keuse as jy dinge op 'n drafstap wil doen. Dra dit saam met 'n klassieke hemp en balletstylskoene.

Die spanbroek

4. Slooprok, R119,99

Hierdie slooprok is so gemaklik en 'n klassieke keuse vir kantoordrag. Dit sal jou moeiteloos stylvol laat lyk op kantoor én in die aand ná werk.

Die slooprok

5. Stewelpyp-jeans, R129,99

Stewelpype is groot modenuus dié winterseisoen. Dra dit by 'n bonkige gebreide oortrektrui en voel snoesig, maar steeds modieus.

Die wyepyp-denim

6. Loslit-hemp, R59,99

Alle klerekaste het ten minste één loslit-hemp nodig! Dra dit saam met jou noupyp-jeans en balletstylskoene vir 'n super-stylvolle voorkoms wat moeiteloos voorkom.

Die loslit-hemp

7. Gebreide oortrektrui, R99,99

Dit hou jou knus sonder die bonkigheid. Dra dit weeksdae saam met jou potloodromp en hakke, of naweke by jou stewelpypjeans.

Die gebreide oortrektrui

8. Potloodromp, R89,99

Kollegas sal jou beslis ernstig opneem met 'n potloodromp. Hakke en 'n toeknoop-hemp is goeie pasmaats, of hou dit informeel met 'n loslit-hemp en 'n modieuse belt.

Die potloodromp

9. Modieuse top, R89,99

Gee jou klerekas ekstra skop met 'n informele modieuse top en 'n fantastiese serp. Dra dit saam met dié seisoen se witwarm gekleurde jeans en hou só die koue weg.

Die oefeningstyl-top

10. Stewels, pryse wissel van R149,99 tot R169,99

Geen wintermodekas is volledig sonder 'n paar fantastiese winterstewels nie! Kry sommer twee pare! Dié seisoen se warmste stewels – enkelstewels met of sonder 'n hak – sal enige wintersuitrusting perfek afrond.

Die enkelstewel – met of sonder 'n hak

JY KAN WEN!

Jy kan een van 5 gelukkige gebruikers wees wat elk 'n winter-klerekas uit die Desirables-reeks ter waarde van R1 000 elk wen.

SKRYF HIER IN!

Sluitingsdatum: 25 Maart 2012