Die vertonings van vanjaar se Spektrum Kinderteater by Spekkies se Plekkie is vermaak vir die hele gesin. Getroue gunstelinge soos kykNET se Tjiff en Tjaff en Lollos is daar te sien, plus Poppie en Bongo, Spektrum-feëverhale en die internasionaal gebaseerde groep Afri-Ki-Ri en die pantomime, Aswoestertjie. Die kaatjies is geldig vir tot 9 verskillende vertonings, spesiale ontmoetings met jou gunsteling-karakter, geskenkpakke, souvenirs, gratis toegang tot die Rivierbuurt en nóg ter waarde van R2950 per dubbelkaartjie.

Dit kry jy als!

  • Toegang tot 9 vertonings (binne 8 dae)
  • Agter die skerms-toegang tot jou gunsteling-Spektrum-karakter en verversings
  • 'n Private foto-sessie met jou gunsteling-karakter
  • 'n Souvenir-boekie met speletjies, gebeure en handtekeninge van al die sterre
  • 'n Geskenkpak
  • Toegang tot die Rivierbuurt vir 9 dae

Let wel: Ons dek geen vervoerkostes nie. Jy moet self by die ABSA KKNK kom. Kaartjies is ook nie uitruilbaar nie.

Dolf Wolf en die Drie VarkiesHansie en Grietjie