Net 30 minute van Kaapstad, in die hartjie van die wynland buite Stellenbosch, lê die idilliese Spier Hotel. Dis die eerste luukse-hotel in Suid-Afrika wat “Fair Trade in Tourism”-sertifisering verkry het. Dit beteken Spier ondersteun die plaaslike gemeenskap en industrie en probeer ook om hul impak op die omgewing te verlig.

Spier se wyne is ook gesertifiseer deur die Vereniging vir Etiese Handel in die Wynbedryf. Die Spier Hotel bied vierster-verblyf vir die hele gesin in ’n sjarmante kleindorpse atmosfeer.

Die dubbelverdieping-geboue met 155 kamers is in die ou Bo-Kaapse styl gebou. Elkeen het ’n binnehof met ’n eie swembad.

Bederf jouself met ’n massering by die Camelot Spa of proe Spier se spogwyne. Jy kan ook by die Cheetah Outreach-projek gaan inloer, ’n roofvoël van nader bekyk by die Eagle Encounters-omgewingsprojek of te perd die landgoed verken.

Die Spier Deli bied ’n ontspanne kos-ervaring met ligte maaltye wat op die houtbalkon of as piekniek geniet kan word. En as jy ’n meer gesofistikeerde aandete verkies, is Moyo die perfekte pasmaat: Sit rustig op kussings agteroor onder boomlanterns en die sterrehemel . . .

PRYS

  • 3 nagte se verblyf vir paartjies in luukse-akkommodasie by die Spier Hotel Vlugkaartjies en vervoer na Spier  
  • Alle maal- tye, aandete by Moyo ingesluit  
  • Elke paartjie kry ’n private wynproe-sessie met ’n versameling Spier-wyne 
  • ’n Nek-en-rug-massering by Camelot Spa  
  • ’n Persoonlike ontmoeting met die Spier-jagluiperds en -roofvoëls    
  • ’n Perderit deur die wingerde

SLUITINGSDATUM
29 Desember 2009

Die wenner sal teen 22 Januarie 2010 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.