Kom kuier om die tafel op 14 Oktober saam met Simonsbergkaas en Herman Lensing, SARIE se tweede kosredakteur, en sit aan vir 'n vyfgangmaal by Marlene van der Westhuizen (sjef en kosskrywer) se FoodStudio in Groenpunt, Kaapstad.

Een van 15 gelukkige sarie.com-gebruikers gaan aansit vir 'n vyfgangete wat Marlene hoofsaaklik uit haar nuwe kookboek, Sumptuous, gaan kook. Jy gaan ook die geleentheid kry om tydens die kaasproe-sessie vir Simonsberg se kaasmaker vrae te vra en meer oor die geurige wêreld van kaas te leer. Om dit die ideale dag uit te maak, word wyne uit die Durbanville-vallei voorgesit.

Toe-toe! Skryf nou in.

Belangrik!
Onthou, indien jy inskryf, móét jy in die Kaap-omgewing bly en tussen 11h00 en 15h00 op 14 Oktober beskikbaar wees.

Wedstrydreëls