ROVOS RAIL
Die stigter van Rovos Rail Pride of Africa, Rohan Vos, vervoer passasiers sedert 1989 in egte Edwardiaanse styl op verskeie roetes regoor Suid-Afrika. Die trein se dekor is vandag nog in die
swierige styl van die twintigs en dertigs, met mahoniehout-paneelwerk. Dit roep vooroorlogse elegansie op.
“Ek wou die romanse van treinreis met verblyf en diens van die hoogste standaard kombineer,” vertel Rohan. “Reise op Rovos Rail is soos om in ’n ander era terug te stap, die atmosfeer van ’n Afrika- Country Club van die vroeë twintigs, maar met al die moderne geriewe.”

Alle trein-suites het lugversorging en die keuse van twee enkel- of ’n dubbelbed met ’n en suite-badkamer met stort. Ontbyt, middagete en ’n formele aandete word in die pragtige Victoriaanse atmosfeer van die eetkamer voorgesit. Daar is altyd vars blomme, Rovos-breekware en silwer, witgeklede tafels, en ’n keuse van net die beste Suid-Afrikaanse wyn. Geen rit is voltooi sonder dat jy agteroorsit in die kroeg en die asemrowende uitsig geniet nie.
Om in pas te wees met die gees van vervloë tye is daar geen radio’s of TV nie, en die gebruik van selfone en skootrekenaars is beperk tot die privaatheid van jou suite. Salig!

Deel van jul prys is ’n treinreis vir 2 nagte en 3 dae van die Victoria-waterval tot in Pretoria. Die rit kronkel deur die Hwangewildplaas op pad na Thompsons Junction, en dan deur Bulawayo na Plumtree, oor die grens na Botswana en uiteindelik na Mafeking in SA. Dit eindig by die Rovos Rail-stasie in Capital Park Station, Pretoria.
• Kry meer inligting by www.rovos.com

ROYAL LIVINGSTONE
Arriveer in vervoering, vertrek verwonderd
Sun International se pragtige Royal Livingstone Hotel in Zambië bied aan reisigers die perfekte wegkruipplek om te ontspan en kragte te herlaai. Dié eksotiese bestemming met sy asemrowende uitsig
oor die majestueuse Victoria-waterval, een van die natuurlike wonders van die wêreld, is ’n oase van kalmte en rus.
Hier kan jy die Groot Vyf ontmoet op ’n unieke wildbesigtigingsrit. Jy kan perdry, op ’n kano vaar en 4x4-avonture beleef. Daar is ook olifantsafari’s, alles op die drumpel van jou hotel.
Die magtige Zambezi-rivier vloei net enkele treë van die Royal Spa-sentrum. Die opelug-gazebo verbeter die ervaring sodat jy die inheemse wild, sebras, seekoeie e ’n unieke verskeidenheid van voëls kan waardeer. Die mis van die Victoria-waterval streel jou terwyl jy onder oop grasdakke van die kroeg en sitkamer ontspan, high tea of skemerkelkies geniet.
Dis die Afrika-ervaring van ’n leeftyd.
• Besoek www.suninternational.com

PINK LADY
Met Pink Lady® appels is ons en die natuur nie haastig nie. Dit word tydsaam ryp, wat daardie kenmerkende pienk blos toelaat om te ontwikkel – soet en helder, die ene sjampanje! Dié appels is ryk aan vitamien C en antioksidante, en as gevolg van hul natuurlike soet geur smaak dit hemels in resepte ook. Pink Lady® appels is veel meer as net ’n appel.
• Vir meer inligting en resepte, besoek ons webtuiste www.pinklady.co.za

SLUITINGSDATUM 30 September 2011
Die wenner sal teen 14 Oktober 2011 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.

Die prys sluit in

  • Vlugte vir 2 na Victoria Falls vanaf O.R. Tambo-lughawe
  • Vervoer van die lughawe
  • 4 Nagte verblyf in die Royal Livingstone, alle etes ingesluit
  • Onbeperkte toegang tot die Victoria-waterval
  • Vervoer na die Rovos Rail-stasie
  • Twee nagte, drie dae vir twee mense wat deel op Rovos Rail, van die Victoria-waterval na Pretoria.
  • Alles ingesluit, van etes tot drankies op trein. (Uitgesluit op die rit: alle fooitjies en aankope by die geskenkwinkel.)

Voorwaardes
Die prys sluit net vlugte vanaf O.R. Tambo-lughawe na die Victoria-waterval in.