Hoe klink verblyf in 'n luukse suite met uitsigte op Tafelberg, Leeukop en Tafelbaai vir 'n hele naweek, salige spabehandelings, vervoer in 'n Rolls Royce Phantom en skemerkelkies met 'n uitsig op Kampsbaai se pragtige strand?

Dit is wat jy en jou metgesel te wagte kan wees by die vyfster-Pepper Club Hotel & Spa.

Met sy uitstekende ligging in die hartjie van kosmopolitiese Kaapstad spog die hotel met onder meer die intieme Odeon-teater met sy groot versameling klassieke en moderne flieks, 'n swembad met panoramiese uitsigte, 'n gimnasium, die luukse Cayennespa, die aantreklike Paparazzi Bar, en concierge-diens en veiligheid 24 uur van die dag.

Die binnehof met sy rustige laning palmbome sluit direk aan by die stad se bedrywige Langstraat met sy boetiekwinkels en naglewe. Pepper Club het 'n vloot voertuie waarmee gaste vir sake-afsprake, van die lughawe en selfs besigtigingsritte in die aand vervoer word.

Gaste het ook eksklusiewe BBP-toegang tot die stylvolle strandrestaurant en skemerkelkie-kroeg - Pepper Club on the Beach in Kampsbaai.

Die gelukkige wenner sal in Pepper Club se luukse Penthouse Suite bly, wat twee hele verdiepings beslaan! Die suite bestaan uit onder meer drie slaapkamers, elk met sy eie en suitebadkamer, asook twee baie ruim sitkamers. Ekstra swier word verleen deur die balkon wat reg rondom die suite loop, en jou eie swembad.

The Pepper Club

Die prys

  • 2 nagte se verblyf in die eksklusiewe Royal Penthouse Suite ter waarde van R55 000 per nag
  • Vliegkaartjies sowel as vervoer vanaf die lughawe na die hotel en terug ter
    waarde van R5 000
  • Spa-pakkette ter waarde van R2 000 Middagete- en aandete-bewyse vir Pepper Club on the Beach ter waarde van R1 000

Neem só deel

Skryf die antwoord op die vraag hierby agterop 'n poskaart en stuur dit met jou naam, van, telefoonnommer, e-pos- en posadres aan: SARIE/PEPPER-wedstryd, Posbus 511, Kaapstad 8000.
Of sms eN Neem Deel
SMS die woord PEPPER (geen leestekens), gevolg deur die antwoord op die vraag hierby saam met jou naam, van, e-pos- en posadres na die nommer 34687. ('n Tarief van R2 per SMS geld.)


Sluitingsdatum 

30 November 2010
Die wenner sal teen 14 Desember 2010 telefonies in kennis gestel word en daarna 'n brief ter bevestiging ontvang.